Tussen twyfel, kyk en glo
Daar is tye in my lewe wat ek onseker is. Tye wat ek onseker is of ek reg glo. My gedagtes loop al in die rondte en in ’n spiraal daal dit na onder waar my geloof op ’n manier my verlaat het, of so voel dit. Dit is sulke tye wat dit vir my […]
Lees meer
Wat jy sien, is wat jy kry
’n Vriend deel hierdie besonderse WhatsApp-boodskap met my: Bruce Lee (skuilnaam): Pieta (skuilnaam), baie dankie vir jou in my lewe. Ek weet ons praat min en sien mekaar ook min, maar jy is rêrig iemand na wie ek opkyk. Ek hoop in die toekoms kan ons paaie nog nader kruis. Jy’s ’n rolmodel vir my […]
Lees meer
Om alle stoppe uit te trek om te help
Dis droog. Baie droog. Mense kry swaar. Diere kry swaar. Boere moet radikale spronge maak en orals is daar nie antwoorde op al die vrae nie. Daarom bid hulle. Daarom kom daar gereeld gebedsversoeke soos die ene van Piet: Bid asb. vir raad en leiding. Ek wil ‘n klomp diere verkoop en ‘n kern kudde […]
Lees meer
Tussen die CV se lyne
My dogter doen aansoek vir ’n beurs. Sjoe, dis ’n dik klomp papiere wat ingevul moet word. Daarmee saam moet ’n CV ingegee word. Sy skarrel om by dosente en ander leiers ’n paar woorde oor haarself geskryf te kry. Sy sê sy weet nie eens of die dosente haar deur die jaar raakgesien het […]
Lees meer
’n Een paragraaf CV
Ons beplan om Vrydag, 10 April ook ‘n aanlyn-erediens uit te saai vanaf 9h00. Skakel gerus in by https://kruispad.online.church/ en word so deel van ‘n geloofsgemeenskap op ‘n nuwe manier. Net so ter inligting: Kruispad se visie is God se Woord in vandag se woorde. God se kinders moet gehelp word om Sy Woord by […]
Lees meer
Wat sê ander gelowiges oor jou werk?
Die boodskap is eenvoudig: Ons moet ons werk 100% doen. Niemand moet ooit ’n vinger na ons kant kan wys nie. Christene moet vir ander mense wys hoe word daar eintlik gewerk. Ons weet mos van die ekstra myl wat geloop moet word, maar wie staan eerste by die deur as die vyfuur klok slaan? […]
Lees meer
Deur ons manier van doen
Ek hoor oor die radio van ’n verslag wat in die IT-wêreld gedoen is en dat daar bevind is dat Suid-Afrikaners onder die ongeskikste mense op digitale platforms is. Ek kon dit amper nie glo nie. Ek gaan Google dit toe en wraggies! Dit is toe so – nogal ’n studie van Microsoft se digitale […]
Lees meer
Stap die reguit pad
Mense hou kinders van God baie fyn dop. Lyk dit net of hulle ’n millimeter skuins trap, begin hulle al hulle vinger lig om dit uit te wys. Dis maar hoe die mens is. Soms gesels Christene land en sand oor ander Christene se foute en waar hulle die strik nie kon mis trap nie. […]
Lees meer
Die stories wat ander van jou aandra
(Die van julle wat tieners het of ken, onthou asb om vir hulle te vra om die vraelys oor die nuwe tiener-kruispad, Roadtrip 247, in te vul by www.kruispad.com/roadtrip. Een gelukkige tiener kan R500 wen!) Politici op die program Monitor op RSG bring ’n huldeblyk aan Van Zyl Slabbert, vroeër jare se PFP leier. Baie […]
Lees meer
Trek jy aan of stoot jy af
So aan die einde van ’n week spreek ek en my vrou af dat ons die naweek niemand gaan nooi nie. Net rustig saam met die gesin wees en batterye laai. Maar as dit Vrydag laatmiddag raak, kry ons al klaar onttrekkingsimptome en begin ons rondkyk vir ’n kuier of ’n braai tuis of by […]
Lees meer