God se Woord in vandag se woorde

Argief


Geloof dryf vrees uit

Die inenting teen COVID-19 bring baie verskillende opinies na vore. Party sommer ernstig. So kry ek ’n klankgreep van ’n prediker wat kwaai is. Hy gebruik woorde wat mense voor die bors gryp. Hy jak mense af en gee sommige ’n baie lelike label. Sy opinie is baie eenvoudig. Indien jy die inenting neem, gaan […]

Lees meer

Weet vir seker

Toe ons in grendeltyd was, is ons almal wat by die huis spin, uitgedaag om ’n 100 km in ’n sekere tyd af te lê. Vir almal wat dit regkry, sou iemand ’n groot donasie vir die dorp se sopkombuis skenk. Ek het my hand opgesteek en begin trap dat die sop (oftewel sweet) spat! […]

Lees meer

Laaste en finale offer

(Lees Hebreërs 7:1-25, verkieslik in Die Boodskap, om ’n goeie idee te kry van die priesters in die Ou Testament.) Die priesters in die Ou Testament het basies twee funksies gehad. Die eerste was om middelman of mediator te wees tussen God en die volk. Die priester het met God gepraat en dan die boodskap […]

Lees meer

Vrede en vreugde by jou werk

Die meeste van ’n mens se wakkertyd is jy by jou werk. Die plek waar jy werk, die mense wat saam met jou werk, die mense vir wie jy werk, het ’n groot invloed op jou. Kyk ’n bietjie hoe lyk jy as jy by die huis kom en nie ’n goeie dag by die […]

Lees meer

Vrede en vreugde met wysheid

Toe ons in 2010 met ons bediening begin het, het ek lank gewonder wat die naam moet wees, maar dit wou net nie kom nie. Stadig het die visie na vore gekom: God se Woord in vandag se woorde. Om so mense te help om weer God se Woord by die kruispaaie in hul lewe […]

Lees meer

Christenskap is nie vir sissies nie

Hulle sê mos oud word is nie vir sissies nie, want kyk nè, alles raak ’n uitdaging. Soms net om uit die bed op te staan gebeur in kompartemente. Soos ek wat Saterdag besef dis nou die tyd om al die swembadpype te vervang. Ek wou nie eintlik nie, maar daar is êrens ’n lek. […]

Lees meer

Vrede is …

Ek raak nou bietjie moeg vir die nuus, want die oorgrote meerderheid is slegte nuus. Ja, daar is goeie nuus, maar dit kry nie tyd op die lug nie. Dit is nie sensasioneel genoeg nie en betaal nie die rekeninge nie. Hoekom word die mens so aangetrek deur negatiewe nuus? Dit stig tog nie. Inteendeel, […]

Lees meer

Dansend vry!

Partykeer wonder ek hoekom God nog iets met my te doen wil hê. Ek voel soms of ek dit eenvoudig net nie maak nie. Ek beur te veel oor die lyne. Ek dop gereeld die rustig-bly-toets. Ek is soms meer lou as warm. Ek doen baie keer nie dit wat ek weet ek móét doen […]

Lees meer

Vrede met wat jy het

Nataniël het darem ’n slag met woorde. Een van sy sê-goed oor dankbaarheid: “Kry vir jou ’n hond en noem hom dankie. Elke keer as jy hom roep, kan jy onthou hoe dankbaar jy moet wees vir alles wat jy het en alles wat jy so onverdiend uit genade ontvang.” 8As ons genoeg het om […]

Lees meer

Om ’n verskil te maak

Nadia (skuilnaam) vertel: Ek wil net getuig van ‘n Godsverandering in ons werksplek. Van 1 April 2017 het ek by ‘n nuwe sub-afdeling begin as toesighouer. Die sub-afdeling gaan deur moeilike tyd weens sensitiewe ondersoeke binne die staatsdiens. Die eerste dag wat ek ‘n vergadering in die nuwe sub-afdeling byeenroep, vra die oudste vrou of […]

Lees meer

Sluit Aan