God se Woord in vandag se woorde

Argief


Die busbestuurder sal vir jou stop

Daar word hierdie oulike storie vertel van ’n klein seuntjie wat rustig en geduldig op die sypaadjie gestaan en wag het vir die bus. ’n Man het daar verbygeloop en vir hom gesê: “Boetman, as jy vir die bus wag, sal jy na die volgende straathoek moet gaan. Dis waar die bus sy passasiers oplaai. Jy […]

Lees meer

Jy het baie waarde en ’n roeping

Ons almal kom een of ander tyd by ’n kruispad te staan waar ons die vraag vra: Wat maak ek nou eintlik hier? Wat is my doel op aarde? En dikwels word die antwoord verder weggejaag met ’n minderwaardigheidsgevoel wat oor ons neerdaal. Ai, dis nie lekker om op so ’n plek te wees nie. […]

Lees meer

Sielsmoeg: genoeg om …

Wie is ek dat God my gebruik? Seker die kromste stok wat daar is en tog slaan God ’n reguit hou. As my geloof soms so bietjie aan ’n draadjie hang, dink ek terug aan die kere toe ek ’n verskil in ander mense se lewens gemaak het. Dan weet ek daar moet ’n God […]

Lees meer

God se eiendom

Wanneer dit swaar gaan, bevraagteken ek baie gou my selfwaarde. Is ek goed genoeg? Is dit ín my om die wa deur die drif te trek? Gelukkig herinner die Heilige Gees my dat my waarde nie van myself afhang nie, maar in die Een wat my gemaak het. 1… julle is die eiendom van God […]

Lees meer

Geroep? Ja, jy! Net soos jy is!

Vers 4 moet weer aangeroer word: 4Nee, God self het ons uitgesoek vir hierdie wonderlike roeping. Hy het die evangelie in ons hande toevertrou. Ons sê daarom net wat Hy vir ons sê. Ons probeer nie om in mense se goeie boekies te wees nie. Ons doen net wat God van ons verwag. Hy weet […]

Lees meer

Spesiaal om minder te wees

Ek onthou ’n insident van my dae in die besigheidswêreld. ’n Halfuur voor die invalklok by die fabriek lui, sit ek met die 3 projekbestuurders en beplan hulle dag se doen en late. Die een wat laaste daar aangesluip kom, vra eerste: “Wanneer lees ons weer ’n stukkie uit die Bybel? Ek is honger.” Sjoe, […]

Lees meer

God maak nie gemors nie

Is jy vandag ’n bietjie af? Verstaan jy nog steeds nie eintlik wat jy hier maak nie? Voel dit vir jou of jy alleen is? Dink jy dat jy nader is aan ’n mislukking as aan sukses? Bly ’n klomp vrae net onbeantwoord? Hier is dalk ’n antwoord waaraan jy kan vashou: 12God het julle […]

Lees meer

Stout soos altyd

Na veertig jaar stap ek weer by my laerskool in Somerset-Wes in. My dogter neem deel aan ’n aand-atletiekbyeenkoms. Een van my ou onderwysers, mnr. Le Roux is wraggies nog steeds daar en is die afsitter vir die aand. Ek stap na hom toe en stel myself voor. Wel, met so ’n unieke naam soos […]

Lees meer

Sluit aan