As God hoere en hul kinders kan gebruik
Daar is ’n paar groot karakters in die Ou Testament waarvan ons nie eintlik weet nie. 32Wat meer hoef ek nog te sê? Ek kan heeldag besig bly om nog sulke voorbeelde te gee. Dink maar net aan Gideon, Barak, Simson, Jefta, Dawid, Samuel en al die ander manne wat God se boodskap moes verkondig. […]
Lees meer
Saai vreugde
Paulus verwag van Filemon om iets te doen wat nie eintlik gewoonlik in hulle kultuur gedoen word nie. In hulle tyd het ’n eienaar nie sommer sy slaaf weer teruggeneem nie. As ’n slaaf eers een keer gedros het, is die kans goed dat hy dit weer gaan doen. As ’n slaaf eers gesteel het, […]
Lees meer
Werk met goeie vrugte
(Soos jy seker agtergekom het, sukkel ons weer met ons e-pos stuurtprogram. Die IT manne werk daaraan.) Die Jode het ’n spreekwoord wat sê dat as jy jou kind nie ’n ambag aanleer nie, dan leer jy hom of haar om te steel. In enige land waar die werkloosheidsyfer hoog is, is diefstal ook hoog. […]
Lees meer
Werk as lig daar waar jy werk
Toe ek as jong man in Engeland was, was die Suid-Afrikaners hoog op aanvraag. As jy as Suid-Afrikaner aansoek gedoen het vir werk, was die kans baie goed dat jy dit sou kry. Want Suid-Afrikaners was hardwerkend. Hulle hande het vir niks verkeerd gestaan nie en hulle was nie bang om werk te doen waarvoor […]
Lees meer
Sosiale netwerke steel
Die sosiale netwerke is verslawend. Uit die aard van ons bediening moet ek gedurig seker maak dat al die plasings na die verskillende platforms op die sosiale netwerke deur is. Maar toe kom ek agter dat ek nie net kyk of al ons goed geland het nie. Ek snuffel sommer gou deur die nuusvoere om […]
Lees meer
Vrede en vreugde by jou werk
Die meeste van ’n mens se wakkertyd is jy by jou werk. Die plek waar jy werk, die mense wat saam met jou werk, die mense vir wie jy werk, het ’n groot invloed op jou. Kyk ’n bietjie hoe lyk jy as jy by die huis kom en nie ’n goeie dag by die […]
Lees meer
Werk met respek
Dit is nou al ’n paar jaar wat ek uit die besigheidswêreld weg is. Daar was goeie tye, maar ook uitdagende tye wanneer die kontantvloei nie lekker wou loop nie. Ek het baie van besigheid geleer. Van voorsieners wat graag wou help, maar ook van debiteure wat jy moet gaan lek om jou eie geld […]
Lees meer
’n Ou wat werk vir die Here doen
’n Vriend deel met my e-posgesprekke met ’n kliënt aan wie hy ’n naaimasjien verkoop het: Goeie middag Ek wil net vir jou baie, baie dankie sê vir die wonderlike masjien. Ek was nog nooit so gelukkig met ‘n masjien soos met die een wat ek nou het nie. Baie dankie dat jy bereid was […]
Lees meer
Wat sê ander gelowiges oor jou werk?
Die boodskap is eenvoudig: Ons moet ons werk 100% doen. Niemand moet ooit ’n vinger na ons kant kan wys nie. Christene moet vir ander mense wys hoe word daar eintlik gewerk. Ons weet mos van die ekstra myl wat geloop moet word, maar wie staan eerste by die deur as die vyfuur klok slaan? […]
Lees meer
Geld vir jou arbeid
’n Vriend vertel my van die groot projekte waarmee sy kinders besig is. Hy vertel ook van die uitdagings wat aan die jong manne se deure klop. Die afgelope twee maande hou ’n groot maatskappy ’n hoop geld wat hulle toekom sommer net terug. Ek kry ’n kol op my maag, want ek onthou nog […]
Lees meer