God se Woord in vandag se woorde

Uitnodiging na Kruispad kuier-aand 2019


Ons nooi jou graag uit na ‘n Kruispad kuier-aand waartydens Renata se 1ste boek, U Woord en ek, bekendgestel sal word. Ons eet lekker bobotie en natuurlik sal daar goeie wyn en vermaak wees. Die koste is R200 vir 2 persone. Dit sluit in een gratis eksemplaar van U Woord en ek.

Datum: 28 Augustus
Tyd: 19:00
Plek: Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch

Dit sal vir ons baie beteken as julle die aand saam met ons kan deurbring.

Hier is die skakel om kaartjies te koop: https://shop.247.org.za/collections/boeke/products/kruispad-kuieraand.

Hoop om julle daar te sien, maar sal natuurlik verstaan as julle nie in die omgewing is nie!

Gerjo Ben en Renata

Print Friendly, PDF & Email

Sluit aan


Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek