God se Woord in vandag se woorde

Wat sê die lesers


Ons kry gereeld terugvoer van die Kruispadlesers en daarvoor sê ons elke dag vir ons Vader dankie. Hier is ‘n paar van die terugvoer:

Vandat ek betrokke geraak het by Kruispad se gebedsbediening, voel ek meer liefde en empatie teenoor my naaste. Estelle

Baie dankie vir die mooi dagstukkies en boeke. Dis stuning boeke en ek kan dit vir almal aanbeveel. Charlotte

Ek is so dankbaar vir die boodskappies. Dis kort, maar kragtig. Vol Jesus liefde, teregwysing, hoop , vrede, aanmoediging, ‘n oproep om na God terug te draai. Ons almal het dit nodig.  Dank die Here vir jul werk. Bets

Ek ontvang Kruispad boodskappe per epos en WhatsApp. Waardeer dit opreg. Ek leef my so in die boodskappe in en kan nie genoeg dankie sê nie. Schalk

Dis inspirerend en werklik opbouend vir jou dagtaak elke dag. Julle maak die stukke so lewendig en oop met die audio. Partykeer is ons as mens maar lui om te lees, maar ons sal altyd ‘n oor gee om te luister! Benjemin

Ek wil graag vir julle sê dat ek hier by die Aftreeoord waar ek werk, nou gereeld die dagstukkies uit “Loop en Val” soggens oor die interkom vir die inwoners lees en hulle geniet dit so!  So, word die boodskap ook hier uitgedra. Hannelie

Dankie dat ek by die Kruispad nie alleen voel nie. Manjo

Dankie aan almal vir die harde werk om die boodskappe moontlik te maak. Dit word waardeer en is kos vir my siel. Nita

Alle eer aan die Here!

Print Friendly, PDF & Email

Sluit aan


Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek